KIMBERLEY – Op 6 Februarie 2020 omstreeks 14:45 is vier vermeende dwelmsmouse in die verlate rolbalklub in Cassandra betrap.
Dawie Griesel, hoof van veiligheid vir AfriForum in Kimberley, sê: “Daar is baie klagtes van die inwoners in Cassandra. Hulle vertel daar brand laatnag vure by die verlate gebou.”
Die polisie was met AfriForum op die toneel en het die vier vermeende dwelmsmouse, twee mans en twee vroue, betrap.
In die verlate gebou is dwelms en messe gevind. Die polisie het beslag op die dwelms en messe gelê.
Die vier verdagtes is met ’n waarskuwing vrygelaat.
Die polisie doen nou daagliks roetine-ondersoeke by die perseel om verdere verdagte gedrag te bekamp.




