KIMBERLEY – Besighede in South Circularweg is bekommerd oor ’n gevaarlike slaggat wat gevul is met water.
Charlene Viljoen, van een van die besighede in die straat, sê die water wat al van Desember uit die gat lek, verhoed dat die gat met grond toegegooi kan word.
“Die gat is gevaarlik en kan ’n groot ongeluk veroorsaak. Almal swaai uit vir die gat. Die water verhoed dat mens die gat ordentlik kan sien en mens kan ook nie sien hoe diep hy is nie.”
Menige besighede het die probleem al aan die munisipaliteit gerapporteer.
FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen, maar wag nog vir terugvoer.




