GALESHEWE – Poenas Willem Jantjies (71), wat op 10 Desember 2017 laas gesien is, se familie is nou nog op soek na hom. Hy is laas in Ethelstraat in Galeshewe gesien. Jesaja Jantjies sê hulle het al oral gesoek en enige inligting kan van nut wees in hul soektog na Jantjies.
Kontak asseblief een van die volgende nommers as jy vir Jantjies sien of gesien het of as jy enige inligting in verband met waar hy hom bevind, het.
Jesaja Jantjies – 076 652 0358
Maureen Jantjies – 065 001 3452
Pogisho Arends Phaiphai – 084 651 3004



