DOUGLAS – Die Vryheidsfront Plus gryp by Douglas in die Noord-Kaap in na die Siyancuma-munisipaliteit ’n ineenstorting van dienste verklaar het.
Mnr. Theo Joubert, voorsitter van die Vryheidsfront Plus se regskomitee, het die terreine op Douglas besoek.
“Omdat die munisipale stortingsterreine en onbehandelde riool nie korrek bestuur word nie, hou dit ’n gesondheidsrisiko vir inwoners van Douglas in,” sê mnr. Joubert.
Die Vryheidsfront Plus is met ’n aksieplan besig.
Mnr. Joubert sê: “Die Vryheidsfront Plus wil seker maak die plaaslike owerhede besef dat hulle ’n wetlike verantwoordelikheid ten opsigte van dienslewering het.”



