CARLETONVILLE – ’n Driejarige seun is sedert 10:00 Maandagoggend 3 Februarie 2020 vermis.
Siphelele Mokotha, die vermiste seun, is laas by Thammbelihle Park East 60, Driefontein gesien. Hy het in ’n onbekende voertuig geklim en is sedertdien vermis.
Mokotha het ’n rooi kortbroek en ’n rooi Spiderman-hemp tydens sy verdwyning gedra.
Indien enigiemand inligting het, kan jy die ondersoekbeampte by 060 799 3038 skakel.



