MODDERRIVIER – ’n Man (36) van Rietvale op Modderriver is vir die verkragting en moord van sy 51-jarige biologiese ma in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê: “Na bewering het die verdagte en sy ma Sondag 2 Februarie 2020 op Rietvale saam onder ’n boom gesit en wyn drink. Die verdagte het glo sy ma verkrag en is deur ’n verbyganger op die daad betrap. Die verbyganger het ’n bohaai opgeskop en die polisie is in kennis gestel. Ongelukkig is die slagoffer dood gevind. Die verdagte is later in hegtenis geneem. Die nadoodse ondersoek wat uitgevoer is, het aan die lig gebring die slagoffer is verwurg.”
Die verdagte sal vandag in die Modderriver-landdroshof verskyn.



