Nog vals gerugte oor die koronavirus

Deel hierdie storie / Share this story

Daar was weereens gerugte dat ’n geval van die koronavirus by ’n staatshospitaal in Ellisras aangemeld is en dat die pasiënt na die Pietersburg-hospitaal verskuif word.

Barend Pienaar, op die direksie van Oorgrens Veiligheid, bevestig egter hierdie inligting is vals en daar is definitief nie ’n pasiënt met die koronavirus opgeneem in die hospitaal nie.

“Niemand bevestig die gevalle wat hulle so op sosiale media verklaar nie. Niemand noem hulle name, die datum of die regte feite nie. Almal wil net amok saai!”

Volgens Pienaar was daar ’n persoon wat in die provinsiale hospitaal op Nylstroom opgeneem is en getoets was vir die koronavirus, maar die departement van gesondheid het bevestig die uitslae was negatief. Die pasiënt is tans nog onder kwarantyn.