Stakings sal voortduur tot regering luister

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE – Stakings duur vandag voort en alle ingange na Galeshewe is deur inwoners geblok. Stene, grond, klippe en bosse lê die paaie vol.

Wag nie meer vir burgemeester

Lawrence Mkwanazi, ’n inwoner van Wyk 33, sê niemand het hulle nog van gister af kom toespreek nie. “Ons wag nou nie meer vir die burgemeester nie, ons wag nou vir die leiers van die ANC. Die burgemeester moet nie sy voete hier kom sit nie. Daar word net vir ons gelieg.”

Stakings oor lopende water en toiletgeriewe

Stakings oor lopende water en toiletgeriewe het tot gisteraand laat voortgegaan. “Ons sal al die paaie blok. Ons sal deurnag staak as ons moet.”

Die inwoners besef Barkleyweg is ’n besige pad en hulle sal aanhou om paaie te versper totdat besighede saam begin staan en hulle gehoor word.