Pierneef-skildery ondersoek aan Hawks oorhandig

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – ’n Dagvaardiging is aan ’n 42-jarige man uitgereik. Hy sal op 4 Maart 2020 in die Bloemfontein-streekhof op aanklag van bedrog en diefstal verskyn.

Lynda Steyn, voordvoerder van die Hawks-eenheid, sê: “Die Pierneef-skildery is vermoedelik by die OR Tambo-gebou in Bloemfontein vanuit die Premier se kantore gesteel. Die insident het al in Maart 2018 plaasgevind. Die beweerde gesteelde skildery is in 2018 na ’n afslaersfirma geneem. Daar is die waarde van die skildery op R8 miljoen vasgestel.”

’n Saakdossier is geregistreer en  aan die Hawks-eenheid oorhandig vir verdere ondersoek.

Steyn sê: “Daar is op die Pierneef-skildery by die afslaers beslag gelê.”

Die verdagte word aangekla vir bedrog omdat hy in sy affidavit valse verklarings afgelê het.