Cassandra-inwoners mik na teerpad

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners in Cassandra, veral diegene wat in Pollockstraat bly, mik-mik om die teerpad raak te ry.

Dawie Griesel, hoof van veiligheid vir AfriForum in Kimberley, sê: “Ons het navraag gedoen by Sol Plaatje oor die gate wat in die pad oopgegrawe is. Die rede waarom die slaggate nog nie herstel is nie, is omdat daar nie meer teer beskikbaar is om die gate te vul nie.”

Die slaggat wat oopgegrawe is voor ‘n Cassandra-inwoner se oprit.

Dit raak ’n probleem vir die inwoners in Cassandra wat daagliks die paaie gebruik.

Die slaggate is oopgegrawe sonder teer om dit te vul.

“Sol Plaatje is van die probleem bewusgemaak,” sê Griesel. “Die probleem en die gate raak net al groter. Die strate is nou in so ’n toestand dat dit nie rybaar is nie.”