’n Lasbrief vir voormalige president Jacob Zuma sê inhegtenisneming is vandag deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgereik.
Die nasionale vervolgingsgesag het die hof gevra om ’n lasbrief uit te reik, na Zuma nie in die hof verskyn het toe hy moes nie. Zuma sou in die hof verskyn op aanklag van korrupsie, geldwassery en afpersing.
Zuma se verskoning was klaarblyklik dat hy nie lekker gevoel het nie.



