Twee verdagtes agter tralies weens gewapende roof

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – Die polisie het op 3 Februarie 2020 omstreeks 15:00 twee verdagtes vir gewapende roof en die besit van ammunisie in hegtenis geneem.

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, sê: “Polisielede was besig met hul roetinetake rakende misdaadvoorkoming toe hulle drie verdagtes sien wat ’n 24-jarige man op die hoek van Kerk-en Mooistraat beroof. Een van die verdagtes het die man met ’n vuurwapen gedreig terwyl sy medepligtiges hom deursoek het. Die verdagtes het sy selfoon, beursie en skootrekenaar gevat voordat hulle van die toneel gevlug het. Die polisie het twee verdagtes agternagesit en in hegtenis geneem. Die besittings van die slagoffer is teruggevind. Polisielede het ook ammunisie by een van die verdagtes gevind. Die een verdagte met die vuurwapen is steeds soek.”

’n Saak is geopen en  die verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Johannesburg verskyn.