Misdadigers gebruik vals dokumentasie om slagoffers in ’n reeks goed beplande gewapende rooftogte te lok. Mike Bolhuis gee raad.
Die kaping van handelaarsvoertuie:
- Die polisie waarsku die publiek van ‘n nuwe kapingsbedreiging waartydens voertuie tydens toetsritte met geweld geneem word.
- Misdadigers doen hulle voor as potensiële kopers in beide handelaars- en privaatverkoop-situasies.
- Misdadigers gebruik ’n vals rybewys om ’n voertuig vir ’n toetsrit te neem.
- Hulle sal stop en die verkoopsman langs die pad los of selfs uit die motor gooi.
- Die persoon wat hom voordoen as ’n potensiële koper, spring in ’n motor en ry weg van die handelaar sodra hy kans sien om ongesiens weg te kom.
Aanbevelings vir motorhandelaars:
- Meer as een personeellid moet tydens ’n toetsrit in die voertuig wees;
- Slegs een potensiële koper op ’n slag tydens ‘n toetsrit;
- Vra vir alle vorme van identifikasie;
- Gaan die potensiële koper vir wapens na;
- Die verkoopsman moet altyd sy selfoonligging aanhou;
- Paniekknoppie-programme moet op alle selfone geïnstalleer word;
- Stel die bestuur in kennis van elke toetsrit wat onderneem word;
- Volg ’n voorgeskrewe roete aan elke personeellid bekend is;
- Hou toetsritte kort;
- Rapporteer onmiddellik enige verdagte aan die polisie en handelaarsbestuur.



