Wêreldkankerdag

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – 4 Februarie word wêreldwyd as Wêreld kanker-dag erken. Op hierdie dag word bewusmaking van kanker bevorder. Hierdie dag word ook gebruik om op die voorkoming, diagnosering en behandeling van kanker te fokus.

Elke jaar word daar ongeveer 17 miljoen nuwe pasiënte met kanker gediagnoseer. Vir byna 10 miljoen van hierdie gediagnoseerde pasiënte sal kanker dodelik wees.

Die algemeenste kankersoorte is longkanker, borskanker, dermkanker en prostaatkanker. 

Dit is moontlik om te voorkom dat jy kanker opdoen. Volgens die Mayo-kliniek kan die volgende maatreëls help om seker kankersoorte te voorkom:

  1. moenie tabak rook nie
  2. eet ’n gebalanseerde dieet wat uit groente, vrugte en min geprosesseerde kosse bestaan
  3. onderhou ’n gesonde liggaamsgewig
  4. oefen daagliks vir ten minste 30 minute
  5. beskerm jou vel teen die son
  6. gaan gereeld vir roetine mediese ondersoeke.

Kinders is ook vir kanker vatbaar. Ongeveer 300 000 kinders word jaarliks met kanker gediagnoseer. Baie kankersoorte wat in kinders voorkom, se oorsake is onbekend.

Die dodetal deur kanker kan verminder word deur vroeë diagnosering en behandeling.