Koronavirus: Nuutste verwikkelinge

Wetenskaplikes bevestig die koronavirus wat in Wuhan, China uitgebreek het, is 96% identies aan ’n tipe koronavirus wat in vlermuise gevind word.

Die koronavirus, wat tot dusver 362 lewens geëis het en in 17 450 ander gevalle wêreldwyd voorkom, is nog nie heeltemal onder beheer nie.

Die Changjiang Daily-koerant het gister, 3 Februarie gesê daar word beplan om nog drie hospitale in Wuhan, China te bou om die krisis te hanteer. Die hospitale gaan in bestaande ruimtes soos ’n sportstadion en ’n uitstallingsaal gebou word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *