KIMBERLEY – Die polisie gaan voort om op daggasmokkelaars in Kimberley toe te sak.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê: “In die vroeë oggendure van Dinsdag 4 Februarie 2020 het polisielede inligting opgevolg en op Dingana-hostel in Galeshewe toegesak. Beslag is op 8,3 kg dagga gelê. Verpakte sakke dagga ter waarde van R80 000 is in ’n huis by Dingana-hostel gevind. Geen verdagtes is tydens die beslaglegging binne die huis gevind nie.”
’n Saak is geopen.



