KLERKSDORP – Mpho Kgoroyadira (15 maande) is as vermis aangemeld.
Kgoroyadria is op Sondag 2 Februarie 2020 laas in Joubert Extension 12, Klerksdorp, gesien.
Sy het ’n pienk rokkie met ’n blou en rooi trui tydens haar verdwyning gedra.
Indien enigiemand inligting het, kan jy 08600 10111 skakel.



