Tweejarige verdrink in die bad

Deel hierdie storie / Share this story

RITCHIE –  Die SAPD in die Noord-Kaap, is besig om ’n saak te ondersoek van ’n tweejarige seun wat in ’n  bad vol water verdrink het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap sê: “Die seuntjie se liggaam is deur ’n familielid ontdek. Daar word vermoed dat die seun in die bad vol water geval het en toe sodoende verdrink het.”  

Brig. Mohale Ramatseba sê: “Die polisie op Modderrivier is besig om die saak te ondersoek.”