Staking van vullisverwydering duur steeds voort

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Lê jou swartsakke en vermenigvuldig? Was die vragmotor wat die vuilgoed saampers nog nie by jou voordeur nie?

Kimberliete kla. Die water word gemors, die paaie val uitmekaar uit, die vullis lê die hele wêreld vol. Wanneer gaan Kimberley weer die Diamandstad wees?

Inwoners in Michaelstraat is besonder ongelukkig oor die feit dat daar nog geen vullisverwydering plaasgevind het nie.

Kimberliete is besorg oor hul omgewing asook hul gesondheid. Gesondheidsrisiko’s skiet die hoogte in met die strate wat vol rommel lê.

Indien vullis nie verwyder word nie, kan dit moontlik lei tot grond-, lug- en waterbesoedeling. Dit het dan ook ’n negatiewe uitwerking op menslike gesondheid. Dit kan ook peste soos vlieë lok.

Ondermeer kan die peste siektes onder mense en diere versprei.

Sol Plaatje is van die probleem bewus gemaak.

Kimberley is die Diamandstad. Waarom skitterblink Kimberley dan nie?