Stiefbroer (18) verkrag stiefsuster (7)

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP, KIMBERLEY – SAPS-lede van die Carnarvon se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het ’n 18-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van verkragting van sy sewejarige stiefsuster.

“Die slagoffer het haar stilte gebreek en het haar ouer suster vertel. Haar suster het dit weer aan hul ma oorvertel wat toe die saak by die polisie aanhandig gemaak,” sê brig. Mohale Ramatseba.

Volgens die slagoffer het haar stiefbroer haar omstreeks 14:30 op 1 Februarie 2020 na ’n verlate huis op Vosburg gelok. Daar het hy haar verkrag en haar gedreig om stil te bly.

Die verdagte kom vandag in die Carnarvon-streekshof voor. Borgtog sal vermoedelik nie toegestaan word nie.

Ondersoek na die saak word deur die speurders van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings voortgesit.