KIMBERLEY – Dixina Bhoola se hondjie is Saterdagoggend omstreeks 03:45 gesteel. Sy is met ’n mes gedreig nadat sy die skelms agternagesit het.
Bhoola het self van straat tot straat geloop om haar hondekind op te spoor.
Bhoola se hondjie is veilig en ongedeerd terug by die huis!
Bhoola sê: “Ek is ewig dankbaar vir almal wat uitgereik en gehelp het. My baba is nou veilig tuis.”



