Binnelandse Sake nou na ure oop

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die bestuur van Binnelandse Sake in Kimberley het besluit dat hulle kantore van 3 Februarie 2020 tot 28 Februarie 2020 van 16:00 tot 19:00 op weeksdae oop sal wees.

Die bestuur het besef dat baie inwoners se identiteitsdokumente onafgehaal bly en hul wil graag vir diegene wat nie gedurende gewone kantoortye by hulle kan uitkom nie, die kans gee om hul dokumente en identiteitskaarte af te haal.