Koronavirus: Eerste geval in Botswana

Deel hierdie storie / Share this story

Malaki Tshipayagae, direkteur van Gesondheidsdienste in Botswana, het bevestig die eerste moontlike geval van die koronavirus is by die Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe naby Gaborone aangemeld. Die pasiënt is in een van die plaaslike hospitale in isolasie geplaas en hulle is besig met verdere ondersoek.

Die Ministerie van gesondheid en welstand in Botswana raai mense aan om die volgende te doen:

  • As jy reis, let veral op na higiëne
  • As jy koors het, hoes, sukkel om asem te haal of moeg is, kry dadelik mediese hulp
  • Maak seker dat jy die nodige toetse ondergaan as jy van die simptome het