August 4, 2021

Inwoners kla oor die klank in die lug

KIMBERLEY – Kimberliete, ruik julle dit? Dit is ongelukkig nie die diesel van die vragmotor wat die vullis kom oplaai nie, maar eerder die vuilgoedsakke wat op die straathoek staan.

Sedert Maandag  27 Januarie 2020 is daar nog geen teken van vullisverwydering in Kimberley nie. Die strate is vol rommel en die swartsakke maak nou deel uit van inwoners se ingang na hul wonings.

Frikkie Delport sê: “Kimberliete betaal ten duurste vir dienste wat gelewer moet word. Ongelukkig is die dienslewering nie op peil nie. Die vullis hoop net by die dag op. Die reuk en sig is aaklig. Mense sal begin siek word as die vullis nie verwyder word nie.”

Sol Plaatje het bevestig dat vullis teen Vrydag omstreeks 16:30 opgeruim sal wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *