Klipgooi-geveg vir net ’n bietjie water

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners se waterkrisis in 2020 sal voortduur. Wees voorbereid vir beide beurtkrag en beurtwater.

In Kimberley het inwoners erg gebuk gegaan onder beurtkrag en beurtwater. Vir hoe lank moes hierdie Noord-Kaapse dorp daarsonder klaarkom?

Op 22 Januarie 2020 het stakings, wat weens swak dienslewering ontstaan het, steeds in Qwa-Qwa in die Vrystaat sterk voortgeduur. Die stakings het weens swak dienslewering ontstaan. Crescendo Isaacs vertel: “ Die gemeenskap het nog meer begin betoog teen die munisipaliteit na ’n 14-jarige dogtertjie verdrink het.”

Die inwoners van Warrenton het Woensdag 29 Januarie 2020 ook betoog weens swak dienslewering. Die dorp in die Noord-Kaap was ook sonder water.