KIMBERLEY, NOORD-KAAP – Die misdaadsyfer in die Noord-Kaap het sedert 2015 drasties afgeneem, maar toon weer groei in die verkeerde rigting na 2019.
Die statistieke het toegeneem vanaf 2018. Met die meeste aangemelde misdade wat in Kimberley in 2019 aangemeld is, raai FiND iT alle Kimberliete aan om op hul hoede te wees.
Die syfers vir verskeie misdade in Kimberley alleen beloop soos volg:
- Aangemelde misdade, 7217
- Kontakmisdade, 10
- Seksuele oortredings, 106
- Poging tot moord, 42
- Aanranding met die doel om ernstig te beseer, 507
- Aanranding, 566
- Roof, 422
- Gewapende roof, 432
- Brandstigting, 20
- Kwaadwillige vandalisme, 465
- Inbraak by nie-residensiële gebiede, 366
- Inbraak by residensiële gebiede, 680
- Diefstal van voertuie, 37
- Inbraak by voertuie, 1000
- Voorraad-diefstal, 0
- Onwettige besit van vuurwapens, 8
- Dwelmverwante misdade, 125
- Bestuur onder die invloed, 107
- Seksuele misdrywe opgespoor as gevolg van polisie-ondersoek, 2
- Alle ander diefstal, 1667
- Kommersiële misdade,330
- Winkeldiefstal, 315
- Motorkaping, 3
- Vragmotor-kaping, 1
- Rooftog by residensiële gebiede, 17
- Rooftog by nie-residensiële gebiede, 28
- Verkragting, 63
- Seksuele aanranding, 29
- Poging tot seksuele oortredings, 10
- Kontak seksuele oortredings, 4
Kimberliete, wees gewaarsku. Kimberliete, wees op jul hoede!



