SUID-AFRIKA – Is jou natneuskind se aptyt weg? Is jou hondekind se gedrag effens vreemd? Regoor Suid-Afrika word honde weer deur wreedaards geteiken.
Onlangs het wreedaards weer begin om fyngemaalde stukkies glas in rou vleis te vermom en dit vir honde te voer. Om die saak erger te maak, het hulle dit ’n stappie verder geneem om klein spykers ook in die vleis weg te steek.
Daar is gevaartekens waarvoor jy kan uitkyk om te verseker dat jou hond betyds hulp kan kry.
Neem jou natneuskind so gou moontlik na die veearts indien: daar bloed in die stoelgang is, daar duidelike lusteloosheid sigbaar is, aptyt verminder of heeltemal verdwyn of wanneer daar duidelik pyn in die buik is.
Wees op jou hoede vir diegene wat jou hondekinders wil leed aandoen!



