Het hulle ooit ’n gewete?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Nog ’n slagoffer van die verhoogde misdaadsyfer gesels met FiND iT.

Hester Chalmers, bekend as Hessie, is ’n besigheidsvrou in Kimberley en haar banier om haar besigheid te adverteer, is Woensdag 28 Januarie 2020 gesteel. Sy het eksklusief met FiND iT gesels.

“Ek het nie ’n idee wie dit goedgedink het om dit te vat nie. Ek moes lank spaar om die banner te laat maak. Dit maak my hartseer en kwaad dat iemand net my goed kom vat,” sê Chalmers.

Sy vertel ook dat sy dink die misdaadsyfer in Kimberley het verhoog en dat dit beslis nodig is om veiligheidsmaatreëls op te skerp.

“Wat my verstand te bowe gaan, is hoe mense met hulle gewete kan saamleef as hulle goed vat wat nie aan hulle behoort nie! Het hulle ooit ‘n gewete??” vra Chalmers.