Nuwe formule vir akkurate forensiese gegewens

DOUGLAS – Miné Steenkamp (16), ’n leerder aan Hoërskool Douglas, het ’n nuwe formule ontdek wat die uitkoms van misdaadtonele positief sal beïnvloed.

Tans word Luminol op misdaadtonele gebruik om menslike bloed op te spoor. Dit is nie altyd effektief om Luminol te gebruik nie, aangesien die moontlikheid bestaan dat die verkeerde inligting aangedui kan word indien die reaksies en uitslae nie presies akkuraat is nie. Dit kan dan die uitkoms van die forensiese gegewens belemmer.

Steenkamp het ’n medikasie wat vir malaria gebruik word wat die element artemisinin bevat, met die Luminol wat tans gebruik word, gemeng.

Steenkamp sê: “Wanneer Luminol op die oppervlak van die misdaadtoneel gebruik word, kan dit enige soort bloed en DNA optel. Luminol spoor dierebloed ook op. Forensiese speurders kan dan nie 100% seker wees dat hulle menslike bloed opspoor nie.”

Volgens Steenkamp reageer Artemisinin net op menslike bloed. Dit beteken dat forensiese gegewens meer akkuraat sal wees met die opsporing van menslike bloed en DNA.

Steenkamp sê ook dat die formule gereed is om deur forensiese speurders gebruik te word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *