Meneer en Mejuffrou Addie-finaliste aangewys

Deel hierdie storie / Share this story

Die Meneer en Mejuffrou Addie-projek wat jaarliks by Hoërskool Adamantia gehou word, fokus vanjaar hoofsaaklik op droogtehulp en om boere in nood te ondersteun. Die eerste fondsinsamelingsfunksie word op 7 Maart 2020 gehou. Christo en Cobus Snyman gaan as gaskunstenaars by die skool optree. Daar word ’n steak-ete en ’n dans vir die aand beplan.

Elke finalis pak ook individueel ’n gemeenskapsprojek aan.

Meneer en Mejuffrou Addie sal dan op 27 Augustus 2020 aangekondig word.

Tanya Jordaan, onderwyseres by Adamantia, se woorde aan die finaliste is: “Die skool wens al die finaliste sterkte toe met die jaar se projekte. Maak ’n verskil in die gemeenskap en hou die skool se naam hoog.”

Foto: Meneer en Mejuffrou Addie-finaliste vir 2020