Gesondheidsmaatreëls vir koronavirus bekendgemaak
Om seker te maak Suid-Afrika is voorbereid op die uitbreking van die nuwe koronavirus , het Zweli Mkhize, minister van gesondheid, plaaslike verteenwoordigers van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes gesondheidsmaatreëls bekendgemaak.
Mkhize spreek die media in Johannesburg toe.
“Vermy nabye kontak met diegene wat aan respiratoriese siektes ly, was gereeld jou hande, hou jou neus en mond toe met iets as jy hoes of nies en lig jou dokter in waarheen jy gereis het.
Dis vir ons baie belangrik om te alle tye op hoogte te bly van die nuwe verwikkelinge in verband met die koronavirus, om so seker te maak dat Suid-Afrika voorbereid is.”



