Baba deur oom doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

Pretoria – ’n Baba van 18 maande is deur sy oom doodgery. Life Support 24/7 vertel aan FiND iT wat op 27 Januarie 2020 ongeveer 17:30 plaasgevind het.

Kind beland onder bakkie se wiele

Maandagmiddag het ’n 18 maande baba van Kameeldrift buite gespeel in die oprit terwyl die ouers in die huis was. Die oom, wat ’n huurder van ’n buitegebou is op die hoewe en ook die oom van die baba is, het by die oprit ingery en die kind, wat hy nie gesien het nie, het onder die bakkie se wiele beland.

Nooddiens

Nevea Maritz, woordvoerder van die nooddiens Life Support 24/7, sê: “Die ongeluk het rondom 17:30 gebeur. Ons het die oproep 18:40 ontvang en dadelik op die toneel gekom.” Volgens berigte is dit ’n Ford-Ranger bakkie wat oor die baba  gery het. Die baba was reeds dood toe die nooddienste op die toneel gekom het.