Drank nou taboe in Matie-koshuise

Deel hierdie storie / Share this story

’n Brief wat Maandagaand aan Maties gestuur is om hulle in te lig van die Stellenbosch-universiteit se nuwe drankbeleid, maak dit duidelik dat geen drank meer in die koshuise of studenteverblyfplekke toegelaat word nie.

Die kennisgewing lui: “Die berg en gebruik van alkohol in studenteverblyf sal as ’n dissiplinêre saak hanteer word en herhaalde oortredings word ’n dissiplinêre aangeleentheid van die US.”

Tot daar ’n ooreenkoms aangegaan is wat die drinkkultuur positief omvorm, gaan hierdie reëls staande bly.

“Die nuwe reels moet daarop gemik wees om n kultuur te skep waar die bloedalkoholinhoud van diegene wat drink, nie 0,08% oorskry nie.”

Die redes vir hierdie nuwe drankbeleid

Een van die twee redes vir hierdie reëlverandering by die Universiteit van Stellenbosch, is die tragiese dood van ’n eerstejaarstudent wat in Julie verlede jaar aan ’n alkoholiese mengsel verstik het.

Geslagsgeweld is die tweede rede vir hierdie nuwe drankbeleid. Dit wil sê seksuele aanranding, teistering en verkragting van vrouens.