Brand op pad na militêre basis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Op 27 Januarie 2020 omstreeks 12:30 het daar ’n rokie in die lug getrek en daar waar ’n rokie trek, trek daar ’n vuurtjie.

Vanaf Landbouweg was die dik, swart rook baie duidelik sigbaar.

FiND iT het gaan ondersoek instel.

Op pad na die militêre basis het die rook al duideliker geword. Dit was ’n hoop rommel wat vlam gevat het.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.