Graham Edenstraat – inwoners en gereelde voetgangers kla

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners wag al vanaf September 2019 vir die regmaak van die waterpyp op die hoek van Graham Edenstraat en Dalhamweg.

Voetganger in die gebied

Jerry Cedras, voetganger in die gebied, sê: “Dis al vir maande wat die water loop en ons deur die water loop. Daar het Sondag baie water uit die gat geborrel.” Die gat is nie sigbaar saans nie. Daar was al gevalle wat mense in die gat getrap het, vertel Cedras.

Terugvoer van Sol Plaatje-munisipaliteit

FiND iT het die Sol Plaatje-munisipaliteit gekontak. Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die probleem is onder ons aandag gebring en ons probeer om almal te akkommodeer.”