KIMBERLEY – ’n Pyp is al vanaf Desember oop in die straat en die water stroom af in Watsonstraat. Sol Plaatje-munisipaliteit is gekontak om die pyp waaruit water stroom onder hulle aandag te bring.
Water loop al van Desembermaand af
Frans Moloki, werker in Carringtonstraat, sê: “Water loop al vanaf Desembermaand so, dit is onder die Sol Plaatje-munisipaliteit se aandag gebring, maar daar was nog nie uitgekom nie.”
Swak waterdruk
Inwoners kla oor die swak waterdruk waarmee hulle op ’n gereelde basis sukkel. Valery Share, inwoner, sê: “Ek het dit ook al gerapporteer, maar mens kry nie die regte mense in die hande nie.”
Terugvoer
FiND iT het die Sol Plaatje-munisipaliteit gekontak. Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die probleem is reeds onder ons aandag gebring en ons probeer so spoedig as moontlik daarby uitkom



