KIMBERLEY – Maria Maditlhare Tlailane (34) is vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die huisbraak en diefstal by die Valke in Kimberley se kantore.
Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê Tlailane en ’n medepligtige het in Julie 2016 toegang tot die Valke se kantore verkry, nadat sy die sekuriteitswag ’n giftige brousel gegee het om te drink.
Die paar met hoekslypers en toerusting uitgerus, het kluise oopgebreek. Kontant en ander waardevolle items ter waarde van R183 000 is gesteel.
Tlailane is in Desember 2016 in hegetenis geneem.
Majoor-genl. Kholekile Galawe, provinsiale hoof van die Valke, het die ondersoekspan vir hulle uitmuntende dienslewering bedank.



