KIMBERLEY – ’n Paartjie wat by ’n verlate huis in Schreinerstraat in Hadison Park oortree het, is vanoggend omstreeks 05:30 uitgesit.
Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê die verlate huis is vir ’n geruime tyd ’n probleem vir die buurt. Verdagtes word gereeld laat in die aande daar gesien.
“Ons is bewus dat die huis verlate is. Niemand is veronderstel om daar te wees nie.”
Coetzee sê toe hy vanoggend by die huis opdaag, was vier van sy wagte en die toesighouer daar.
“Toe ek daar kom, het hulle reeds vir Charl Graaff en sy vriendin wakker gemaak en hulle het opgepak,” sê hy.
’n Video van die paartjie is aan FiND iT gegee, waar hulle in Hadison Park gesien is.
Coetzee sê: “Graaff is ’n gewoonte misdadiger en moeilikheid gaan volg vir die woonbuurt waarheen hy nou gaan.”





