Man vir 3 kg dagga ter waarde van R25 000 vas

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Twee mans, 30 en 38, is omstreeks 10:50 Donderdagoggend in Dutch Reformstraat in Greenpoint vir die besit van dagga in hegtenis geneem.

Volgens konst. Dikeledi Gopane het die polisie die verdagtes se voertuig, ’n wit Volkswagen Polo, by ’n kontrolepunt gestop. 

Beamptes het die bestuurder vir sy rybewys gevra en het ook versoek om sy voertuig te deursoek. 

Beslag is gelê op 3.118 kg dagga ter waarde van R25 000 en R9 600 in kontant is in hulle besit gevind.

Die verdagtes gaan binnekort in die Kimberley-landdroshof op aanklag van die besit van dagga verskyn.