Plaasjapie gee 20 mense uit die dorp of stad (sonder enige ervaring van die plaaslewe of boerdery) die geleentheid om die ware plaaslewe te ervaar.
Om een maand in ’n skuur op ’n plaas te oorleef, sit definitief nie in enigeen se broek nie, veral nie as dit nie deesdae se moderne en luukse plase is nie. Die reeks is vol uitdagings wat baie deursettingsvermoë, slim en strategiese beplanning nodig gaan hê. Diegene wat in hierdie uitdagings teen ander deelnemers verloor, bly in die skuur en ervaar die plaaslewe soos jare gelede. Dié wat dan wen, wen luukshede vir hul tydjie in die skuur.
Is daar enige stadsjapie van Kimberley wat ’n plaasjapie wil word? Laat weet ons in die kommentaar hieronder of jy of iemand wat jy ken, ingeskryf het vir Plaasjapie.



