Bloemfontein – Veertien mense is beseer toe die plafon van die Central Park-winkelsentrum in Bloemfontein Woensdag ineengestort het.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, sê: “Daar is 13 ligte beserings en een matige besering met ’n enkelbreuk.” Die beseerde persoon is na Pelonomi-hospitaal geneem.
Die oorsaak van die ineenstorting is nog nie vasgestel nie. Die gedeelte van die winkelsentrum sal vir eers gesluit wees.
Bron en foto: timeslive



