Die veld agter Mediclinic Gariep word nou al vir ’n geruime tyd gebruik om huishoudelike afval en rommel te stort. FiND iT het kontak gemaak met Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit. Hy het gesê hulle is bewus van die situasie en iets sal daaraan gedoen word.


Geen poging aangewend
Dit is ’n week later en niks is aan die situasie gedoen nie. Inteendeel, FiND iT, het weer ondersoek gaan instel, en die veld lyk erger as wat dit gelyk het. Al meer mense gebruik hierdie veld vir ‘n nuwe stortingsterrein. Ons het weer met Matsie probeer kontak maak, maar het geen terugvoer ontvang nie. Inwoners van Kimberley wat hierdie veld gebruik om fiets te ry en te stap, is baie ongelukkig oor hoe die veld en natuurskoon agteruitgaan.




