Stakings weens swak dienslewering

Deel hierdie storie / Share this story

QWA-QWA – Die inwoners van Qwa-Qwa in die Vrystaat het sake in hule eie hande geneem weens ’n gebrek aan dienslewering.

’n Verkoopsman, Crescendo Isaacs (32), wat gereeld in Qwa-Qwa moet werk, sê: “Die gemeenskap is soms vir maande lank sonder water en moet van ’n onafhanklike verskaffer gebruik maak om water met watertenks aan te ry.”

Verder vertel Isaacs hoe die gemeenskap omgekrap is, omdat daar ’n dogtertjie (14) in die Caledonrivier verdrink het toe sy inval terwyl sy besig was om water te skep.   

Die hele dorp is steeds onder shutdown. Geen vragmotors of motors word toegelaat om deur die dorp te beweeg nie. Betogers versper alle paaie deur die dorp. Luidens Isaacs is die skole en winkelsentrums steeds gesluit weens die stakings