Sterkste man se vrou ook sy agterkleinnig

Deel hierdie storie / Share this story

Yolandi Els, wat in Januarie 2020 by haar huis op Christiana weggeloop het, is klaarblyklik veilig iewers by haar pa.

Johan Els is egter nog vreeslik ontsteld oor sy vrou sonder ’n woord of selfs ’n briefie weggeloop het.

“Ek ken vir Yolandi al my hele lewe. Sy was my eerste liefde. Yolandi is ook my agterkleinnig. Ek het op haar verlief geraak as ’n jong seun en sy op my. Ons het uiteindelik afgehaak en drie maande later is ons uitmekaar uit.”

 Hy sê dat hy nog die hele tyd opsoek is na antwoorde vir al sy vrae, maar dat hy niks kry nie. Waarom het sy hom na drie maande se huwelik gelos? Hoekom het sy dit sonder ’n woord gedoen?

“Glo vir my, ek het die fout gesoek en gesoek en gesoek. Ek het tot die Here gebid om my oë oop te maak sodat ek kan verstaan. Want my vrou wil my nie sê hoekom sy geloop het nie.”

Volgens Johan hou hy en Yolandi nog kontak, maar sy wil glad nie met hom praat oor hoekom sy weggeloop het nie.