Sirkel by biblioteek beplan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Planne is aan die rol gesit om die vierrigtingstopstraat op die hoek van Eureka- en Chapelstraat agter die biblioteek in die middestad ’n verkeerssirkel te maak.

Sello Matisie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê die universiteit gaan die gebied met sirkels merk soos op Sol Plaatje-rylaan om voetgangers by die kruising te akkommodeer.

“Ons het herstelwerk aan die genoemde gebied voltooi soos versoek deur die verteenwoordiger van die universiteit om hul opgradering aan die gebied te vergemaklik. Ongelukkig kan ons nie op die tydlyn van die universiteit kommentaar lewer, of sê wanneer dit voltooi sal wees nie,” sê Matsie.

FiND iT het met twee motoriste gesels en albei het gesê hulle dink dit is ’n goeie idee, wat moontlik gaan help om die vloei van die verkeer in die gebied te verbeter.