Vanoggend 05:20 het die Winckler-gesin ’n dogtertjie ryker geword. Aletté sê op haar Facebook-blad dat dit vinnig en pynlik was. “Sy is perfek, en ons is ongelooflik dankbaar teenoor God en almal wat vir ons gebid het, ons ondersteun het en ons net liefgehad het gedurende hierdie tyd.” Die baba, Alannah Elize Winckler, weeg 4.04 kg en sy is 55 cm lank. Heinz verwelkom die nuweling op sy Facebook-blad en sê hy is baie trots op sy vrou en hul baba.




