KIMBERLEY – ’n Myntrok wat omstreeks 12:00 die R64-pad by die Rooifontein-afdraai oorgesteek het, se vrag was te hoog gelaai en het aan oorhoofse telefoonkabels gehaak.
Dit het twee telefoon- en twee lamppale omgetrek. Geen verdere skade of beserings is aangeteken nie.



