Beefmaster dra ruim by tot FiND iT slaggat-projek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Beefmaster, die markleier in beesprodukte, het ’n groot bydrae van R50 000 tot FiND iT se “Slaggat se gat”-projek bygedra. 

Louw van Reenen, uitvoerende hoof van Beefmaster, vertel aan FiND iT dat hy sonder huiwer by dié goeie inisiatief betrokke raak, juis oor hulle so deel is van Kimberley.  “Alhoewel ons grootste uitvoer buite Kimberley is, ry ons ook op hierdie paaie en verstaan ons die uitdagings wat ’n dorp soos Kimberley bied,” sê van Reenen.

“Die besluit om die projek finansieel te ondersteun is juis vir ons maklik oor ons nog altyd die paaie naby Beefmaster in Kimdustria op eie koste regmaak.  Hierdie is ook ’n baie goeie projek waarby almal kan baat.”

Rudi Ferreira, die projekleier van die “Slaggat se gat”-inisiatief getuig net van dankbaarheid vir die sakesektor se betrokkenheid.  “Nie een sakepersoon wat ek genader het, het tot dusver gehuiwer nie.  Ons is baie dankbaar vir almal wat tot dusver betrokke is by die inisiatief.  Beefmaster in besonder se reuse-bydrae kan nie gering geskat word nie.  Ons het net die hoogste waardering vir hulle betrokkenheid.”

Vir enige navrae skakel of om betrokke te raak by die projek, kontak Rudi Ferreira by  071 686 7200.