KIMBERLEY – Twee mans, 27 en 28, is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering onder andere ’n boks Clover-melk uit ’n vragmotor, wat brandstof by ’n Caltex-vulstasie afgelewer het, gesteel het, .
Konst. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, sê die vragmotor het agter die vulstasie gestaan toe die voorval plaasgevind het.
Die verdagtes is omstreeks 10:40 gisteroggend in Churchstraat deur twee nuwe konstabels onder die leiding van sers. Walter Baard voorgekeer.
Gopane sê een van die verdagtes is in die besit van ’n bruin beursie, met verskeie bankkaarte, rybewyse, R230, sowel as ’n Hauwei-slimfoon, waarvoor hulle nie bewyse van eienaarskap kon toon nie.
Die verdagtes gaan albei binnekort op aanklag van diefstal uit ’n voertuig in die Kimberley-landdroshof verskyn.



