WARRENTON – Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê ’n span speurders in die Warrenton-area het twaalf manlike verdagtes in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal.
“Duisende rande se gesteelde goedere is ontdek, onder andere skootrekenaars, selfone, klere, televisiestelle, alkohol, yskaste en elektriese stowe.”



Toe een van die huisbraak-slagoffers die polisie kontak om ’n saak te maak, is hy ingelig dat die polisie alreeds drie mans voorgekeer het met die hulp van die Hartswater-teenmisdaad-intelligensie.
Iwoners word aangeraai om seker te maak dat hul alarmstelsels aangeskakel en alle vensters dig toegemaak is wanneer hulle die huis verlaat.
Die twaalf verdagtes verskyn môre 24 Januarie in die Warrenton-landdroshof.



